Iwan Hartman tree ná 19 jaar as kampushoof van Boland Kollege, Paarl, af.
Hartman het sy onderwysloopbaan in 1980 by Breërivier Sekondêr begin. Hy is in 1987 as ’n lektor by die destydse Söhnge-onderwyskollege aangestel.
Hy het die leer baie gou geklim en in 1997-1998 tot waarnemende viserektor gevorder.
Die Söhnge-onderwyskollege en Worcester- tegniese kollege het saamgesmelt om die Worcester-gemeenskapskollege te vorm, waar hy een van twee uitvoerende direkteure was.
Hartman is in 2003 as kampushoof by die Paarlkampus aangestel.
Hy het die kampus 19 jaar lank bestuur en nou staan die Paarlkampus bekend as die trotse kampus van Boland Kollege, soos hy dit noem. Hy het deur die jare ook ’n personeelkorps opgebou – van die skoonmakers tot die senior personeel, wat almal vir studente en eksterne kliënte omgee.
Paarlkampus mis reeds die teenwoordigheid van Hartman en wens hom alle sterkte toe met die nuwe hoofstuk in sy lewe.





