Die langverwagte 2024-uitgawe van Suid-Afrika se oorspronklike en steeds gunsteling-wyngids, Platter’s Wine Guide, is hier.
Die 44ste uitgawe van hierdie topverkopergids bevat meer as 900 produsente, handelaars en handelsmerke, insluitend 31 nuwes, en meer as 8 000 plaaslik geproduseerde wyne, sowel as brandewyne, doppe-spiritus en sjerriestylwyne.
Die gids se beskrywings en graderings, saamgestel in samewerking met ’n span vooraanstaande kundiges, maak dit maklik om die regte wyn vir enige geleentheid te vind, terwyl die goeie waarde-aanwysers daardie bottelerings beklemtoon wat veral begrotingsvriendelik isd en alle gehaltevlakke insluit.
Platter’s 2024 bevat ook uitgebreide inligting oor waarheen om te gaan en wat om in wynland te doen. Wynproe-opsies word breedvoerig gedek, saam met baie wynmakerygeriewe, besienswaardighede en doendinge, sowel as eetplekke en verblyf in Kaapstad en die wynlande. Kaarte wat maklik is om te gebruik en vinnige opsoek-tabelle bied onskatbare hulp vir besoekers wat hul eie wynland-uitstappies beplan, terwyl lyste van gespesialiseerde wyntoeroperateurs ’n verskeidenheid alternatiewe bied vir mense wat ’n begeleide ervaring wil hê.
Volledig bygewerkte notas oor die belangrikste wynboustreke, druifsoorte, wynmaakstyle, wynproe-terme en die groot wynkompetisies en toekennings asook lyste wynopvoeders landwyd is deel van ’n wye aanbod.
Soos altyd word die gids voorafgegaan deur ’n insiggewende en prikkelende oorsig van belangrike ontwikkelings en neigings in Suid-Afrika en die wyer wynwêreld.
’n Hoogtepunt van enige nuwe uitgawe is die vyfster-wynreeks – die uitsonderlike bottelerings wat voortspruit uit ’n tweede ronde se proe van die wyne met die hoogste gradering op Platter se skaal van 0-5 sterre (“Ietwat minder as gewoon” tot “Superlatief, ’n Suid-Afrikaanse klassieke”). In hierdie uitgawe ontvang 226 wyne, brandewyne en doppe-spiritus vyf sterre, gelykstaande aan 95 of meer op die 100-punt- internasionale skaal.
Van die vyfster-bekroonde wyne ontvang die hoogste puntemakers in elke afdeling die gesogte toekenning Wyne van die Jaar. Hierdie keer is 31 kategoriewennerwyne ingesluit. Opmerklik is ook 424 wyne wat hoogs aanbeveel word, wat vyf sterre net-net mis, maar nietemin uiters fyn en in eie reg versamelbaar is, wat ’n gradering van 94 op die 100-punt-skaal verdien; 192 rooi en wit wat besondere potensiaal vir kelder toon (hierdie ouderdomswaardige wyne verskyn onder die vaandel “Koop nou, drink later”); 104 versteekte juwele, wyne wat proeërs voel veral opmerklik, interessant, aantreklik, uniek of verteenwoordigend van ’n belangrike tendens is; en 53 Superquaffers, goed geprysde en besonders drinkbare wyne.
Die drie gesogte Wynmakery van die Jaar-pryse is die hoogste wat deur Platter’s toegeken word. Die toppresterende wynmakery van die jaar gaan na die wynmakery wat die meeste vyfster-pryse ná die jaarlikse finale proe-ronde behaal. Vanjaar is die ontvanger Sadie Family Wines, Platter se wynmakery wat by drie vorige geleenthede die hoogste presteer het – hierdie keer met sewe maksimum graderings.
Die redakteursprys – Wynmakery van die Jaar – gee erkenning aan ’n wynbou-individu of -span wat, gegrond op prestasie in die huidige uitgawe sowel as hul prestasierekord, ambassadeurs by uitstek vir Suid-Afrikaanse wyn is. Vanjaar gaan die toekenning aan Bosman Family Vineyards vir hul prestasies in wynkuns sowel as uitstaande bydraes op die gebied van maatskaplike bemagtiging, omgewingsorg en ontwikkeling van die wynbedryf in die algemeen.
Die Nuwelingwynmakery van die Jaar is toegeken aan ’n produsent wat vanjaar in Platter’s gedebuteer het en die hoogste tellings behaal het, Edouard Labeye, met ’n pragtige 94-punt Grenache Blanc.





