Die Paarl se polisie ondersoek tans ’n reeks voorvalle van motorfietsdiefstal wat in die Noord-Paarl-gebied plaasvind, met ’n merkbare toename sedert Januarie 2025. Volgens die Paarl-polisie word ’n skerp toename in hierdie soort misdaad sedert die begin van die jaar gesien. Die jongste voorval het laataand op 6 Februarie plaasgevind, waar ’n motorfiets uit ’n perseel in Noord-Paarl gesteel is. Skakel die Paarl-speurtak by 082 469 1431 of 021 807 4015 om enige inligting hieroor te verskaf. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.


Noord-Paarl loop vanjaar onder motorfietsdiefstal deur

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article