Drie minibustaxi’s het Vrydagoggend (21 April) in Jan van Riebeeck-rylaan in die Paarl gebots. Volgens ’n plaaslike insleepoperateur, wat nie by name genoem wil word nie, het die kettingbotsing net ná 07:00 gebeur. Geen beserings is aangemeld nie. Kol. Wellington Stephans, die bevelvoerder by die Paarl-Oos-polisie, het by navraag gesê geen botsing is by hulle opgeteken nie, maar plaaslike verkeersbeamptes was wel op die toneel.


Niemand in taxi-kettingbotsing beseer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article