Verlede week is die land weer erg deur beurtkrag geruk. In die Paarl is ons daarmee gestraf dat ons krag van 06:00 af was tot soms ná 08:00.
En dan, kort daarna, skakel die munisipaliteit jou geiser ook af, so geen tyd vir ’n warm stort nie.
Met beurtkrag wat nie vinnig iets van die verlede gaan word nie, kan die munisipaliteit nie verstellings aan hierdie reëlings maak om ons belastingbetalers, wat tans pal in die tande geskop word, te akkommodeer nie?




