Die nie-winsgewende organisasie Cape Access in Wellington bied gratis navorsings- en rekenaarklasse aan.
Volgens Freek Jacobs, ’n gemeenskapsleier op die dorp, het Cape Access onlangs ook besluit om vakansieprogramme vir leerders aan te bied.
Die kursusse wat gratis aangebied word, is basiese rekenaarklasse, Word-dokument, Excell-dokument en akademiese navorsing.
Internet word ook oopgestel aan die gemeenskap om aansoek te doen vir werk, kinders kan rekenaarspeletjies speel en mense kan hul CV’s ook laat druk.
Klasse vind plaas van Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 16:00 by Cape Access op die hoek van Powell- en Mintoorstraat.
Dit is op dieselfde perseel as waar Badisa in die dorp geleë is.
Vir meer inligting kontak Freek Jacobs by 071 355 4011 of Maranatha Nofemele (opleidingsfasiliteerder) by 078 844 3355.. The non-profit organisation Cape Access in Wellington offers free research and computer classes.




