Tragedie het saam die vlamme se vonke aangeblaas op 21 Oktober, die dag toe die 8-jarige Byron Koopman se lewe in ’n brand van twee informele opslaanwonings in Van Wyksvlei geëis is. Die skool waarin hy was, Newton Primêr, het die dag van sy begrafnis iets spesiaals gehou ter ere van dié maatjie se nagedagtenis. “Die memorial drive is beplan en georganiseer onder die leiding van die skoolhoof, J.J. Clarke, met die ondersteuning van die skoolpersoneel,” sê Byron se klasonderwyser, juffrou N. Cookson. “Elke klas het ook ’n plakkaat ter herdenking van hom gemaak. Duiwe, wat liefde en vrede simboliseer, is vrygelaat om vir die laaste keer vir Byron weg te sien.” Byron se ma en suster was teenwoordig tydens die memorial drive en het sy kis begelei.

Credit: SYSTEM

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article