Die o.16A-netbalspan van die Hoër Meisieskool Paarl het onlangs ’n goue medalje gewen toe hulle Affies in die eindronde met ’n telling van 19-17 in die jaarlikse Wildeklawer-sportnaweek in Kimberley geklop het. Agter (van links) staan Simoné Marx (spanbestuurder), Sophia Wium, Miné van der Walt, Isabella Zandberg (kaptein), Keisha September, Nichole McThomas, Jenna Haywood en Su-mari Fourie (afrigter). Voor kniel Cara Els (onderkaptein), Christel Andrag, Kyla Sabbagha en Angelina Cook. Cara is ook as die beste o.16-senterbaanspeler aangewys.


Netbalspan laat Affies op die neus kyk

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article