Teen Dinsdag 12 Julie was daar volgens die Wes-Kaapse regering se gesondheidsafdeling slegs 12 aktiewe Covid-19 gevalle in die Drakenstein nadat 1 022 mense hier sedert die aanvang van die pandemie as gevolg van Covid-19 gesterf het.
Die departement wil ook inwoners inlig dat Covid-19-inentings en -versterkingsdossise steeds voortgaan en by verskeie klinieke in die Drakenstein beskikbaar is.
Volgens Sandra Maritz, kommunikasiebeampte van die departement gesondheid in die Kaapse Wynland, moet inwoners daarop let dat die Nieuwedrift-kliniek voortaan slegs op Vrydae tussen 08:30 en 14:00 beskikbaar is vir Covid-19-inentings en -versterkingsdossise.
“Entstowwe is ’n belangrike en doeltreffende maatreël om jou teen ernstige siektes te beskerm,” het Maritz gesê.
Covid-19-inentings is ook by die volgende klinieke beskikbaar:
Dalvale-kliniek (Dinsdae, 14:00-16:00); Gouda-kliniek (Maandae – Vrydae, 08:00-15:00); Huis McCrone-kliniek (Vrydae, 09:00-15:00), Klein Drakenstein-kliniek (Vrydae, 14:00-16:00), Mbekweni-gemeenskapsdagsentrum (die “daghospitaal”), Vrydae, (08:00-15:00); Patriotplein-kliniek (Donderdae, 14:00-16:00); Pholapark-kliniek (Vrydae, 14:00-16:00); Saron-kliniek (Vrydae, 10:00-16:00); Simondium-kliniek (Maandae – Vrydae, 08:0015:30); Soetendal-kliniek (Vrydae, 09:00-12:00); TC Newman-gemeenskapsdagsentrum (die “daghospitaal”), Maandae – Vrydae (08:00-15:30); Wellington-gemeenskapsdagsentrum (die “daghospitaal”), Vrydae, 08:00-15:00; Windmeul-kliniek (Maandae – Vrydae, 08:00-16:00) en Shoprite, Paarl (Maandae – Vrydae, 09:00-15:00).



