Die volgende atlete het Nederburg Primêr onlangs verteenwoordig by die Boland Sentraal-kampioenskap te Daljosafat-stadion. Van links is Freddie Neff (afrigter) Gabriel Small, Lee Vante Thomas, Raydene Kamfer, Dilshaan Newman en Lindsay Hartman (afrigter). Gabriel het deurgedring na die Boland-kampioenskap waar hy ’n silwermedalje verower het in die o.12-seuns 100 m en ’n goue medalje in die 150 m vir ’n rekord wat hy verbeter het. Hy sal die provinsie verteenwoordig by die SA Kampioenskap in Potchefstroom wat van 24 tot 26 Maart sal plaasvind.