Red Cross, Save life, Giving, Healthcare, Charity, Blood donor, Blood drop, SharingFoto:


Augustus is Nasionale Orgaanskenkersmaand – ’n maand waarin bewustheid geskep word sodat meer Suid-Afrikaners hulle as orgaanskenkers registreer.

Hoewel Suid-Afrika ’n wêreldleier op die gebied van orgaan- en weefseloorplantings is, het dit sedert die begin van die covid-pandemie vir alle praktiese doeleindes tot stilstand gekom. Die gevolg is dat waglyste vir organe dramaties toegeneem het.

Tans wag sowat 4 300 Suid-Afrikaanse volwassenes en kinders op ’n lewensreddende orgaan- of korneaoorplanting.

Watter organe kan oorgeplant word?

Jou hart, lewer en pankreas kan drie mense se lewe red, en jou niere en longe kan tot vier mense help. ’n Orgaanskenker kan dus sewe lewens red.

Wat is die verskil tussen orgaan- en weefseloorplantings?

’n Orgaanoorplanting vind plaas nadat ’n individu breindood verklaar is, maar steeds deur ’n asemhalingsmasjien ondersteun word, terwyl weefselherwinning nog enkele ure en selfs dae ná die skenker se dood kan plaasvind. Organe kom nie slegs van oorledenes af nie, maar kan ook van lewende skenkers ontvang word.

Hoe word ’n mens ’n potensiële orgaan- of weefselskenker?

Die proses is eenvoudig.

Registreer aanlyn of bel die Orgaanskenkerstigting se tolvrye nommer by 0800 22 66 11. Hulle sal dan ’n orgaanskenkerskaartjie aan jou stuur wat jy in jou beursie bêre. Hulle sal ook ’n plakker stuur wat jy op jou ID en jou rybewys plaas.

Dit is baie belangrik om die besluit met jou gesin te bespreek. Laat hulle weet dat jy jou organe of weefsel ná jou dood wil skenk. Vra hulle om jou wens te respekteer wanneer jy te sterwe kom.. Nog inligting oor hoe om as ’n orgaanskenker te registreer, is beskikbaar by www.odf.org.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article