Die Hoër Meisieskool Paarl se o.19A-netbalspan het onlangs in die jaarlikse Wildeklawer- sportnaweek in Kimberley teen Affies gespeel. Hoewel Affies die wedstryd 16-23 gewen het, het HMS met ’n silwermedalje weggestap. Agter van links: Elsa du Plessis (fisioterapeut), Carinne Schultheiss (spanbestuurder), Lisa Mentz, Anke Stofberg, Mari Kemp, Leah Winter, Bea Malan en Hannah Gildenhuys. Voor: Marli Visagie (afrigter), Elzahn Nel, Milcah Visser, Emma Swan, Kayla Dames (kaptein) en Casandra Oosthuizen (Internskap-afrigter). Kayla Dames is as die beste o.19-speler van die toernooi aangewys


Naaswenners

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article