Nadat ek my aansoek om ’n paspoort elektronies ingedien en ’n afspraak by die Paarl-kantoor (van binnelandse sake) gemaak het, het ek die kantoor op Woensdag 15 Maart besoek.

Van die oomblik dat ek op die bestemde tyd by sekuriteit aangemeld en weer uitgestap het, is al die formaliteite binne die bestek van een uur afgehandel.

Ek is deurgaans flink bygestaan deur vriendelike en hulpvaardige mense.

Die kersie op die koek was toe ek op 23 Maart kennis ontvang dat die paspoort nou gereed is om afgehaal te word!

Welgedaan!


JP,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article