’n Splinternuwe voertuig vir Suid-Afrika en so ook ’n nuwe motorhandelaar vir die Paarl. Die Jetour-vertoonkamer is verlede week amptelik in Hoofstraat, Sentraal-Paarl, geopen. Jetour is die jongste motorfabrikaat uit China. Jetour kom uit dieselfde stal as Chery, maar word as meer luuks beskryf. Dit betree nietemin die sportnutsmark op ’n baie mededingende prysvlak. Die twee Jetour-modelle wat pas in Suid-Afrika bekendgestel is, is die Dashing en die X70 Plus. By die opening van Jetour Paarl is, van links, Brian Alley, wat die eerste Jetour in die Paarl gekoop het, Chantell van Oudtshoorn (verkope), Sean Meyer (Jetour Paarl-bestuurder), Lucas van der Schyff (gebruiktemotorverkope-bestuurder) en Nodine Thiart (nuwemotorverkope-bestuurder). Foto: Lise Beyers


’n Blink nuwe sportnuts in Paarl se Hoofstraat

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article