’n Propvol musieknaweek lê weer by die Bordienghuis-teater in Wellington voor.
Die bekende musikant en akteur Ian Roberts se Radio Kalahari-orkes is Vrydag (11 Oktober) met sy besonderse klanke op die verhoog. Hul musiek strek van ’n diep gewortelde plek, wat Ghoema-, Latyns- en Afrikana-musiek aanneem en ook enigiets anders wat langs die grondpad te vinde is. Die lirieke is egter ferm in die hede gevestig.
Op akoestiese toerusting wat amper so oud is as hul leuse, word musiek gemaak met ou kitare, kwêlafluitjies, mondfluitjies, bas en kazo’s.
Hierdie konsert sluit ook die bekendstelling van Roberts se boek, Nomad Heart, in.
En dan is Suzanne Coetzee en Justin VR en hul band Saterdag (12 Oktober) op die verhoog met die wonderlike, tydlose klanke van Shania Twain en Keith Urban.
On the road
met Shania Twain and Keith Urban bring hulde aan hierdie twee gewilde musikante, met al hul gewilde liedere op een aand.
Oudergewoonte open die deure vir beide konserte reeds om 17:00 vir gaste om heerlike pizzas te geniet. ’n Ten volle toegeruste kontantkroeg is ook beskikbaar.
Die konserte begin om 19:00.
. Kontak Jeannine by 061 156 5386 vir kaartjies teen R180 per persoon.


