Die munisipaliteit verwelkom nou dromkrappers met ope arms met hul nuwe entrepreneursprojek vir hulle. Dit wys net weer dat die belastingbetaler in die dorp net tweede, derde of selfs vierde op ons stadsvaders se prioriteitslys geplaas word.

Maar graag wil ek net verneem of dit volgens munisipale ordonnansies aanvaarbaar is dat al hierdie dromkrappers deur ons strate beweeg met trollies van alle groottes, en dit dikwels in die middel van die pad?

Sekerlik is hierdie teen verkeersreëls, en diegene wat verkeer hierdeur ontwrig, kan beboet word. Nog beter – konfiskeer eerder hul trollies.

En verder, oor die onderwerp van trollies – dit is hoog tyd dat supermarkte verantwoordelik gehou word vir hul trollies wat voete kry en onwettig deur dromkrappers en dies meer gebruik word.

Ek het egter nog nooit ’n wetstoepasser een van hierdie dromkrappers sien aanspreek nie.


Jan de Witt,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article