Hugenote Hoërskool is bevoorreg dat ’n oudleerder, adv. André Gaum (kommissaris van die Menseregtekommissie) en kollegas van die MRK die skool Maandag besoek het. Hy het met die leerders kom praat oor die rol wat die MRK speel. Die skool se VRL, graadrade en leerlingraad het daarna ’n inligtingsessie gehou oor hoe spesifieke aspekte in hul skool bestuur kan word en hoe om proaktief op te tree. Bo is Mija Zeeman (hoofmeisie), Lwethu Yoli (MRK), Hennie Cronjé (waarnemende skoolhoof), adv. André Gaum (oudleerder en MRK-kommissaris), Emile Verkuil (MRK), Bahia Sterris (MRK) en Corné de Jonge (hoofseun).


MRK besoek Hugenote

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article