’n Egpaar van Klapmuts is hul motor kwyt nadat dit op die R44 naby Klapmuts in ’n sloot beland het. Die bestuurder van die motor het verlede Dinsdag in die sloot ingery nadat hy ’n ongeluk vermy het. Die motor, ’n roomkleurige Nissan Skyline, moes daarna oornag langs die pad gelaat word totdat dit uitgesleep kon word. Toe die egpaar verlede Woensdag na die toneel terugkeer, was die motor weg. As enigiemand inligting oor die motor het, skakel asseblief 083 505 6669.
Motor kry voete
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.