Die moordsaak van Chanel du Toit was verlede week op die hofrol, maar dit is weer eens uitgestel.
Chanel se man, Johan du Toit, word in dié saak van die moord op haar aangekla. Haar skoonma het haar bebloede en naakte liggaam in Julie 2010 by hul huis op die Dieu Donné-wynlandgoed in Franschhoek gevind.
Johan word daarvan beskuldig dat hy sy vrou verwurg en daarna op ’n jagtog in Laingsburg gegaan het. Hy is kort ná haar dood weens die misdaad in hegtenis geneem.
Die saak sloer al die afgelope 12 jaar in die Paarl-streekhof en is verlede week tot 12 Augustus uitgestel.
. The murder case of Chanel du Toit was on the court roll last week, but has been postponed yet again.

