Die Paarl-Oos-polisie ondersoek die moord op ’n tienerseun nadat hy die afgelope naweek doodgesteek is.

Volgens kapt. Basil Seekoei, ’n woordvoerder van die Paarl-Oos-polisie, is polisiebeamptes Sondag (21 Januarie) omstreeks 22:30 na die Paarl-hospitaal ontbied.

“Die oorledene is met ’n steekwond aan die bolyf in die ongevalle-eenheid van die hospitaal aangetref.”

Seekoei sê die polisie is ingelig die voorval waarin die slagoffer noodlottig gesteek is, het na bewering in Bauhiniastraat, Klein Nederburg, afgespeel.

Hy voeg by dat die omstandighede rakende die voorval tans ondersoek word.

’n Sestienjarige verdagte is intussen in hegtenis weens die moord geneem en sal in die Paarl-landdroshof verskyn sodra hy amptelik aangekla is.. Paarl East police are investigating the murder of a teenage boy after he had been stabbed to death.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article