Minstens 15 insittendes van ’n bakkie is Sondag (17 Desember) beseer in ’n ongeluk op die N1 naby Worcester.

Priority-Care Ambulance Service

Die Wes-Kaapse departement van mobiliteit het ’n beroep op padgebruikers gedoen om vir die duur van die feesseisoen versigtig op die provinsie se paaie te wees te midde van minstens 76 mense wat sedert die begin van Desember in ’n motorongelukke dood is.

Altesaam 34 van hierdie sterftes was voetgangers, 26 passasiers, 14 bestuurders en twee motorfiets bestuurders.

Verlede week alleen is minstens 30 mense op die provinsie se paaie dood. Minstens 100 arrestasies is gemaak vir motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur het.

Ricardo Mackenzie, die LUR vir mobiliteit in die provinsie, sê meeste van dié ongelukke kon voorkom word deur basiese voorsorg te tref en ander gebruikers in ag te neem.

“Dit is eenvoudige voorsorg soos om te kyk dat jou voertuig en bande nog padwaardig is, sitplekgordels te dra, by die spoedgrens te hou en nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie.”

Mackenzie sê dit is kommerwekkend dat die feesseisoen afgeskop het met tragiese ongelukke waarby verskeie vorme van vervoer insluitend, minibus taxi’s, vervoer vir plaaswerkers en swaar voertuie betrokke was.

Hierdie toename in ongelukke, verval dié wat voorkom kon word, tesame met die gepaardgaande sterfgevalle wys op ons algehele verontagsaming van padreëls. Motoriste faal om aan die basiese padreëls gehoor te gee en dit hinder ons pogings op veilige paaie te verseker.
Ricardo Mackenzie, Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit

Paarl Post verstaan dat minstens 15 insittendes van ’n bakkie Sondag (17 Desember) beseer is tydens ’n ongeluk op die N1 naby Worcester.

“Hierdie toename in ongelukke, verval dié wat voorkom kon word, tesame met die gepaardgaande sterfgevalle wys op ons algehele verontagsaming van padreëls. Motoriste faal om aan die basiese padreëls gehoor te gee en dit hinder ons pogings op veilige paaie te verseker,” sê hy.

Volgens Mackenzie is meer as 600 verkeersbeamptes vir die feesseisoen ontplooi.

Hy sê die N2 (Tuinroete) tussen die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal asook die N1 in die rigting van Leeu Gamka en Beaufort-Wes is van die roetes wat sedert die begin van die feesseisoen die hoogste volumes verkeer aangemeld het.

“Ons almal het ’n gemeenskaplike begeerte – om veilig by ons bestemmings uit te kom en die veiligheid van ander padgebruikers te verseker. Wanneer jy dus agter die stuurwiel inklim berus die verantwoordelikheid by jou om die veiligheid van ander in ag te neem.”

Intussen het die nasionale minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, Vrydag (22 Desember) gesê die eerste drie weke op die land se paaie was gekenmerk deur oormatige wetteloosheid, swak gedrag- en onbedagsaamheid deur motoriste.

Sy sê haar departement gaan in samewerking met wetstoepassers hul sigbaarheid versterk deur veral deur die aand operasies uit te voer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article