‘n Totaal van 404-spoedoortredings was verlede week (11 – 17 Julie) in die Wes-Kaap aangemeld. Dié aantal gevalle het glo verdubbel teenoor die hoeveelheid gevalle wat die vorige week opgeneem is.
Só lui ‘n verslag van die Wes-Kaapse minister van verkeer, Daylin Mitchell.
Verkeersdienste in die Wes-Kaap het sowat 175 geïntegreerde padbolkkades, motorveiligheids-kontrolepunte en spoedbeheringsoperasies regoor die provinsie uitgevoer, waartydens 30 452 voertuie afgetrek is.
Altesaam 7 987 boetes is vir verskeie padoortredings uitgeskryf, terwyl 23 voertuie geskut is en ‘n verdere 39 is onpadwaardig verklaar.
Die minister rig ‘n streng waarskuwing aan alle motoriste en bestuurders wat spoedgrense oortree en nie die padreëls gehoorsaam nie.
“Spoed is ‘n ernstige probleem. Hoe vinniger jy bestuur, hoe minder tyd het jy om in ‘n noodgeval te reageer terwyl meer spasie benodig word om ‘n botsing te verhoed. Spoed is onverantwoordelik en gevaarlik.
“As jy ‘n motoris is, moet jy bedagsaamheid teenoor voetgangers toon. Voetgangers word in byna alle ongelukke waar motors meer as 60km/h ry, noodlottig getref,” aldus Mitchell.
Hy het verder klem gelê daarop dat wanneer motoriste stadiger ry, daar meer tyd is om botsings met voetgangers te verhoed. “Voetgangers word ook gewaarsku om slegs ‘n pad by formele padkruisings oor te steek.”
‘n Totaal van 59 arrestasies in verband met verskeie oortredings, is uitgevoer.
Die hoogste spoedoortredings is as volg opgeneem:
• 167 km/h binne ‘n 120 km/h-sone
• 161 km/h binne ‘n 100 km/h-sone
• 124 km/h binne ‘n 80 km/h-sone
• 94 km/h binne ‘n 60 km/h-sone
Western Cape Provincial Traffic Services implemented a total of 175 integrated roadblocks, vehicle check point and speed control operations across the province in the week under review, and 30 452 vehicles were stopped and checked. A total of 404 speeding offences were recorded in the Western Cape in the week 11 – 17 July 2022. A total of 7 987 fines were issued for various traffic violations ranging from driver to vehicle fitness. Twenty-three vehicles were impounded and 39 were declared unroadworthy. A total of 59 arrests were made.




