Lede van Groot Drakenstein polisie het verlede Vrydag (13 Januarie) ’n 40-jarige man gearresteer vir dwelmhandel.
Volgens sers. Julian Martin, woordvoerder vir Groot Drakenstein polisie, het hulle inligting ontvang dat daar dwelms verkoop word in Gif-informele nedersetting in Pniel.
“Die polisie het opgevolg op die informasie. Met polisiebeamptes se aankoms by die informele nedersetting het ’n 40-jarige man begin hardloop toe hy die polisielede gesien het. Hy was later vasgetrek en was gevind met 37 sakkies Tik en drie mandrax tablette in sy besit,” verduidelik Martin.
Hy sê die operasie uitgevoer is onder leiding van die stasiebevelvoerder kapt. Gavin Ross en beamptes wat skofte werk.
Die verdagte het Maandag in die Franschhoek-landdroshof verskyn. Martin voeg verder by: “Hy (die verdagte) is vrygelaat op borg en daar is nog nie ’n datum wanneer hy weer voorkom nie”.
- •





