Fikile Mbalula, minister van vervoer, het gister aangekondig dat die grasietydperk vir rybewyse, wat verval het voor 31 Maart vanjaar, met twee weke verleng is.
Die verlenging is uitgestel tot 15 April. Die agterstand met die uitreiking van rybewyse is as gevolg van die streng Covid-19 inperking aan die begin van 2020, en ook masjiene wat die kaarte druk wat onklaar geraak het.
Persone wie se leerlingrybewyse, rybewyskaarte, tydelike rybewyse en professionele bestuurspermitte verval het in die tydperk vanaf 26 Maart 2020 tot 31 Maart vanjaar het tot 15 April om dit te hernu. Met 1,4 miljoen Suid-Afrikaners wie se rybewyse gister (31 Maart) verval het, is dit is die derde keer wat Mbalula die grasietydperk verleng het.


