Matthew Lamprecht (13), ’n violis en leerder aan Paarl Primêre Seunskool, is gekies om aan die 32ste Hubert van der Spuy- nasionale musiekkompetisie deel te neem, wat binnekort in Kaapstad sal plaasvind. Hy is een van 52 jongmense van oor die land heen wat gekies is om aan dié gesogte kompetisie deel te neem. Die Hubert van der Spuy- nasionale musiekkompetisie is daarop gemik om jong en talentvolle musiekleerders die geleentheid te gee om van mekaar in ’n mededingende omgewing te leer en op ’n nasionale vlak mee te ding. Die kompetisie kon weens die Covid-19-pandemie nie verlede jaar plaasvind nie.Foto: Vernooy Photography
Matthew maak mooi musiek
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.