Matriekmeisies van 1979 van die Hoërskool Gimnasium Paarl het ’n Gusty Gimmie Girls-groepie gestig waar elkeen sy lief en leed met hul oudleerders deel deur elke kwartaal byeen te kom en lekker te kuier. Hierdie kwartaal se kuier is bygewoon deur (agter links) Alana Geerdts, Theresa Bradford, Erna Brummer en Ria Badenhorst. Voor sit die sameroeper, Elmarie Louw, saam met Hilde Coetzee, Luchelle Crous (wat die gasvrou vir die kwartaal se kuier op hul familieplaas Jongensklip in die Caledon-distrik was), Ilse Fourie en Christine du Toit. Enige 1979-Gim-matriekmeisies wat betrokke wil raak, kan Elmarie by 082 771 4822 kontak om meer inligting oor die volgende kuier te kry.
Matrieks van 1979 kuier steeds saam
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.