Die lente is byna hier en dit beteken dus weer Markietie-tyd by die Toringkerk in die Paarl.
Markietie vind plaas op 1 en 2 September by die Toringkerk-saal en bied oudergewoonte weer heerlike vars produkte en gebak, potjiekos, poeding, pannekoek, hamburgers en dies meer.
Saterdagoggend se feestelikhede begin met ’n funrun by Otterkuil.
Kom geniet lentedag by die Toringkerk.




