Die Groot Drakenstein-polisie het Dinsdagoggend twee mans in hegtenis geneem vir die besit van dwelms tydens ’n soek-en-vind-klopjag. Die 51-jarige en 30-jarige mans is voorgekeer en in Simonsstraat in Pniël in hegtenis geneem. Hulle was in besit van 16 sakkies tik en agt heel Mandrax-tablette, asook 15 halwe Mandrax-tablette. Die mans het gister in die Paarl-landdroshof verskyn. Volgens sers. Charlene Pietersen, woordvoerder van die Groot Drakenstein-polisie, het die D-skof die inhegtenisnemings gedoen. Die betrokke beamptes is sers. Rosaline Links, AO Colin Adams, sers. Ryan Pheiffer en sers. Peter Festus.


Mans vas oor dwelms

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article