Byna ongekende swaar reën vir hierdie tyd van die jaar het sedert verlede Donderdag oor die Vallei uitgesak. Maandag het riviere vol geloop en met nog reën wat vir vandag (Donderdag 27 April) voorspel is, behoort damme se watervlak verder te styg. In die Paarl is 112 mm reën die afgelope week gemeet, in Wellington-gebied 48 mm en in Franschhoek 82 mm. Die Bergrivierr-opvanggebied se watervlakke het effe gestyg en staan tans op 63,20% in vergelyking met 61,40%% verlede week. Plaaslike damme is ook voller: Theewaterskloof 55,46% (55,39%), Bergrivier 82,67 (77,05%), Wemmershoek 71,43% (70,14%) en Voëlvlei 39,00% (39,20%). In alle waarskynlikheid behoort hierdie vlakke aanstaande week nog verder te styg terwyl water steeds na damme vloei. Op die foto is die pragtige gesig van die Bergrivier in die Paarl, wat Maandagmiddag baie goed geloop het.Foto: Lise Beyers


Manna uit die hemel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article