’n Man van Denneburg in die Paarl is in die gevangenis en wag op ’n hof­datum in verband met, onder meer, beweerde kinderverkragting.

Dit volg nadat bewerings aan die lug gekom het dat die man sy eie sewejarige dogtertjie, asook ’n vrou met wie hy in ’n verhouding was, verkrag het.

Volgens ’n betroubare polisiebron het die volwasse slagoffer ’n saak van verkragting, wat glo in Junie plaasgevind het, by Paarl-polisie aangemeld.

Sy beweer haar kêrel het homself aan haar opgedwing in sy huis.

Die volwasse slagoffer is glo erg getraumatiseer en het in vrees gelewe.

Die omstandighede rakende die ondersoek tot die onderskeidelike klagtes is steeds onbekend.

Die Paarl-polisiewoordvoerder kapt. Louise du Plessis sê nog geen inligting mag in die verband vrygestel word nie aangesien ondersoeke steeds onderweg is.

Die saak is aan die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) oorhandig.

Volgens lt.kol. S.A. Beziek van die GKS word die verdagte se naam weerhou weens die uiters sensitiewe aard van die ondersoek.

Geen verdere besonderhede is bekendgemaak nie.. A man from Denneburg in Paarl awaits a court date for charges of rape while he remains in custody.

The rape charges allegedly include that of his own seven-year-old daughter and his girlfriend.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article