Canzen Fortuin

Credit: SYSTEM

Die man wat teregstaan weens die moord op Canzen Fortuin, het Maandag (28 Augustus) in die Paarl-streekhof verskyn.

Die 23-jarige Fortuin is op 24 Junie vanjaar in Simfonielaan in Groenheuwel, Paarl-Oos, doodgesteek.

Sy ma, Juandri de Villiers, het by ’n vorige geleentheid aan Paarl Post gesê ’n stryery het tussen die verdagte, Jody Titus, en Fortuin uitgebreek en het na bewering oor ’n meisie gegaan.

Fortuin en sy vriende het die betrokke aand saam gekuier toe hy vinnig na die meisie se huis gegaan het. Terwyl Fortuin en die meisie buite op die stoep gesels het, het ’n man opgedaag en die meisie begin rondpluk. Volgens De Villiers het ’n stoeiery daarna tussen dié man en Fortuin uitgebreek, waarna die verdagte die slagoffer glo drie keer met ’n skêr gesteek het.

Fortuin is oor die voorval na bewering by twee vorige geleenthede by sy werkplek gedreig.

Titus is dieselfde aand van Fortuin se moord in hegtenis geneem.

Sy volgende hofverskyning is op 15 September en hy word tot dan aangehou.. The suspect on trial for the murder of Canzen Fortuin appeared in the Paarl Regional Court on Monday (28 August).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article