Klapmuts-polisie in samewerking met ’n plaaslike sekerheidsmaatskappy het verlede Vrydagaand (29 April) ’n 39-jarige man in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.

Volgens sers. Bernadene Arendse, Klapmuts-polisiewoordvoerder, kom die inhegtenisneming nadat lasbriewe uitgevoer is. Die man is gevind met 46 sakkies tik en 47 rolle dagga in sy besit.

  • Arendse sê beamptes het beslag gelê op die dwelms, en die verdagte is aangekla vir die besit van dagga. Hy het Dinsdag in die Paarl-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article