’n 67-jarige man van Wellington staan tereg op ’n aanklag van die beweerde verkragting van ’n vyfjarige seuntjie.
Die verdagte is verlede week in hegtenis geneem en het kort daarna sy eerste hofverskyning by die Wellington-landdroshof gemaak. Hy het na die hofverskyning in aanhouding by die Allandale-korrektiewe dienste gebly.
Kol. Johan Barkhuizen, woordvoerder van Wellington-polisie, het die ernstige klag teen die man bevestig. Die slagoffer se ma het die klag aanhangig gemaak nadat die kind haar vertel het van die beweerde seksuele daad. Die kind kon nie sê wanneer en hoeveel keer die misdaad gepleeg is nie.
Speurders van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) in die Paarl ondersoek die saak.
Die man het gister weer in die hof verskyn. Teen druktyd kon dit nie bevestig word of hy borgtog toegestaan is nie.. A Wellington man is facing charges for allegedly raping a five-year-old boy.




