Twee vriende wat Sondag vrymoedig met hul boom box in die loop musiek geluister het, is gou betrek by ’n dodelike voorval.

Die Paarl-polisie het aan Paarl Post bevestig hulle is op soek na twee verdagtes wat vir die moord op die 29-jarige Ismael Onverwaght van New Orleans Park, verantwoordelik is. Die polisiewoordvoerder, kapt. Louise du Plessis, berig die slagoffer het saam met ’n vriend al langs die treinspore naby Hugenote-treinstasie geloop toe die verdagtes op hulle toesak.

“Hulle is om 16:15 Sondagmiddag deur twee onbekende verdagtes genader in ’n poging om hul boom box te steel. Die slagoffer het gepoog om teen die aanvallers te baklei, en hy is deur die twee mans gesteek.

“Die verdagtes het met die klankstelsel van die toneel gevlug. Die slagoffer is op die toneel dood verklaar,” vertel Du Plessis.

  • Enigiemand met inligting rakende die voorval word gevra om die ondersoekbeampte, konst. Griffet Brown, op 021 807 4038 of 021 807 4141 te bel.•

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article