Skaars is die Kersboom terug in die kas of die nuwe jaar is weer byna volstoom aan die gang vir baie.

Maar die wonde van 2023 word steeds gelek weens die stygende lewenskostes waardeur hierdie jaar gekenmerk is.

Rentekoerse, inflasie en voedselpryse het die hoogtes ingeskiet en die prys van krag en ander munisipale dienste word onbeskostigbaar vir die meeste, om net ’n paar voorbeelde te noem van hoe ons gewurg word.

Dan ook nie te vergeet van beurtkrag nie, waarvan daar geen einde in sig is nie. Dan ’n onbeholpe, korrupte regering met ’n leier wat eerder homself beywer vir buitelandse kwessies en partytjies as om antwoorde aan die Suid-Afrikaanse publiek te gee oor dringende en dreigende kwessies.

En hierdie laaste kwessie gaan net nog vererger soos wat die maande omgaan voor die nasionale en provinsiale verkiesing.

Met die aanloop hierna gaan die regerende party sekerlik allerlei politieke speletjies speel en themde en kospakkies uitdeel om die publiek te mislei met allerlei leë beloftes en twak in ruil vir hul kruisies agter sy naam.

Maar hopelik het al hoe meer landsbur­gers die afgelope byna vyf jaar gesien in watter chaos ons land gedompel is, en sal hulle daarom die lig sien dat ons land nie meer regeer word nie, maar eerder deur die regerende party geplunder word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article