Ná ’n toename in klagtes rakende diefstal uit voertuie wil die Paarl-polisie graag die gemeenskap daaraan herinner en waarsku om te verseker dat voertuie te alle tye beveilig en behoorlik gesluit is.
Volgens die polisie se woordvoerder, kapt. Louise du Plessis, word seinverstrooiers (signal jammers) boonop dikwels by winkelsentrums gebruik.
Slaan asseblief ag op die volgende voorsorgmaatreëls tydens sportaktiwiteite in die Paarl en maak seker hulle word getref:. Wanneer jy jou voertuig met ’n afstandbeheerder sluit, maak seker alle deure, insluitend die bagasiebak, is wel gesluit voordat jy wegstap;. Moenie waardevolle artikels in die voertuie los nie. Verslae oor voorvalle van diefstal van beursies/handsakke/selfone en skootrekenaars word die meeste aangemeld;
. Verseker dat toksakke só geplaas word dat dit nie maklik sigbaar of bereikbaar is nie; en
. Maak seker dat jou voertuig in ’n area geparkeer word waar daar baie aktiwiteit is. Veral wanneer daar gereedskap ensovoorts in die voertuig is. Hoe meer mense in die area, hoe minder kans sal die verdagte hê om by die voertuig in te breek.




