Die Drakenstein-gebied is binnekort ten spyte van die koue winterweer die warmste plek in die land wanneer verskeie interskole-kragmetings hier plaasvind.
Interskole in die Paarl en Wellington is een van die groot hoogtepunte vir inwoners. ’n Lekker gees hang altyd in die lug en almal is jolig.
Ondersteuners van ver en naby kan hulle solank gereedmaak vir dié spog-sportgeleenthede in Augustus.
Die datums is soos volg:
. Die Hoër Jongenskool Paarl t. die Hoërskool Gimnasium Paarl: 3 Augustus;
. Charleston Hill Sekondêr t. die Hoërskool Wellington: 3 Augustus;
. Klein Nederburg Sekondêr t. New Orleans Sekondêr: 10 Augustus;
. Boland Landbou t. die Hoër Landbouskool Oakdale: 10 Augustus;
. Hugenote Hoërskool t. die Hoërskool Swartland: 17 Augustus;
. Paulus Joubert Sekondêr t. Noorder Paarl Hoërskool: 17 Augustus; en
. Bergrivier Sekondêr t. Weltevrede Sekondêr: 24 Augustus.




