Arboretum Paarl was ’n wonderlike perseel om te besoek. Hiermee my dank aan die munisipaliteit wat dit in stand hou, al is daar baie tekorte.

Dankie aan die vorige geslag met versiende denke met die plant van pragtige bome.

Kan die naamplaatjies van bome nie bygewerk en verbeter word met samewerking van die sakekamer en/of skenkings nie, en nuwe aanplantings ook jaarliks gedoen word nie?

Ek glo ook betrokkenes kan so hul ondernemings adverteer.

Ek weet die munisipaliteit sal aandag aan veiligheid en vandalisme skenk, want dit is ’n groot erfenis van voorgeslagte wat ons en ons kinders se kinders nou kan geniet en moet bewaar.

Kom ons bewaar dit, en as gemeenskap moet ons saamwerk met almal daar betrokke om vorentoe steeds daarop trots te kan wees.

Kom ons reël ’n jaarlikse boomplantdag daar en vra mense om bome asook naamplaatjies te skenk.


F.J. Trotse Paarliet,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article