‘n Seun wat aan ‘n geestesversteuring ly het Woensdag glo sy eie ma koelbloedig in St Georgesousingel in Vanwyksvlei vermoor.
Volgens ‘n inwoner in die area was die vrou glo deur haar eie seun, ‘n volwasse man wat aan ‘n geestesversteuring ly, tydens die oggendure vermoor. Bronne wat by die toneel teenwoordig was sê dit was ‘n grusame toneel.
“Hy het glo haar oë selfs verwyder. Ons almal ken dié man en weet hy was tot onlangs in ‘n psigiatriese-hospitaal opgeneem. Ons het gehoor hy was ontslaan, wat vreemd was aangesien hy in ‘n mental state was. Hy was op die toneel gearresteer.”
Polisie en ander rolspelers het by die toneel naby Weltevrede Sekondêre Skool opgedaag. Geen amptelike polisieverslag was teen tyd van publikasie vrygestel nie.
- A mother was allegedly killed by her own son in St George Cul-de-sac in Vanwyksvlei on Wednesday morning. According to community members, the scene revealed gruesome details of how the woman was murdered by the man believed to suffer from a mental illness. Speculation on the scene suggests that the woman’s eyes were gouged out of her head.





