Reagan Allan, die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid en polisietoesig, het die Paarl-Oos-polisiekantoor verlede Woensdag (23 Augustus) besoek. Tekortkominge in terme van polisiëring in die gebied is tydens sy besoek uitgewys, asook gebiede waar die nood hoog is. Raymond Fortuin (links, Paarl-Oos GPF-voorsitter) het die mense teenwoordig toegespreek. By hom is, van links, die raadslid Avron Appollis (Drakenstein se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid), kol. Mzimkulu Jack (waarnemende stasiebevelvoerder) en Reagan Allan.

Credit: SYSTEM

LUR besoek Paarl-Oos

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article