Die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl. Foto: Malherbe Nienaber


Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument het Vrydag ’n vriendelike waarskuwing aan die publiek uitgereik oor ’n beweerde geldinsameling waarin die ATM se naam gebruik word.

Die ATM skryf op sy Facebook-blad dit het onder sy aandag gekom dat iemand glo geld insamel om die ATM se naam te behou.

“Ons wil dit duidelik maak dat ons geensins van so ’n projek bewus is nie, dus waarsku ons mense om nie vir hierdie slenter te val nie. Ons volstaan intussen met die jongste inligting oor ’n moontlike naamsverandering.”

Die publiek kon onlangs op ’n openbare vergadering hul insette lewer oor die moontlike naamsverandering van die ATM, nadat die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, in Maart vanjaar gesê het dat die monument se naam verander moet word.

Die raad van die ATM het op 26 en 27 Mei hieroor vergader, maar geen besluit is in dié verband geneem nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article