Die Lindenkoor van Gauteng, wat in 1993 deur Duncan Fourie gestig is, kruip al 28 jaar in die hart van hul gehore, en tree op 1 Julie in Franschhoek en op 3 Julie in Wellington op.

Die internasionaal bekroonde Linden-jeugkoor se lede kom uit die Hoërskool Linden in die noorde van Johannesburg en die koor bestaan uit gemiddeld 100 lede.

Die koor, wat deur die Wes-Kaap toer, gaan tuis by die Hoërskool Labori in die Paarl. Die koor het Sondag (26 Junie) by die Toringkerk opgetree.

Hul optrede in Franschhoek vind plaas om 13:00 in die NG kerk Franschhoek en hul optrede in Wellington op 3 Julie om 09:00 by die NG Moedergemeente.

CD’s sal te koop wees teen R100.

Volg die Linden-koor op Facebook by LindenkoorZA vir nog besonderhede.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article