Lily en Lunais op 10 April om 09:30 by die Ou Meul-teater te sien. Kom kuier by die geliefde prinsesse, Lily en Luna, in die Koninkryk van Lig waar hulle oud en jonk op ’n betowerende reis van self-ontdekking neem en meisies leer om hulself te aanvaar en te sien soos God hulle sien – kosbaar, uniek en wonderlik gemaak. Hierdie opwindende nuwe kinderproduksie is ’n skouspel van sang, dans en skaterlag en sal hope pret en plesier oplewer. Dit is ’n perfekte uitstappie vir mammas en hul dogters. Kaartjies kos R90 en kan bespreek word by 083 524 3744 of 079 603 7629 of per e-pos by oumeulteater @gmail.com.


Lily en Luna neem mammas en dogters op betowerende reis

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article