Elke jaar wanneer die feestyd aanbreek, sien ek en my gesin daarna uit om na die Paarl se liggiesfees te gaan.
Die atmosfeer is lekker, die verskillende kosse wat verkoop word is sappig en daar is ’n verskeidenheid stalletjies waar ’n mens amper enigiets kan koop – van speelgoed, vrugte en parfuum tot nagereg.
En dan moet ’n mens ook nie vergeet van die kunstenaars wat optree en die vermaak wat verskaf word nie. Dit is altyd ’n gesellige fees ná ’n lang jaar se harde werk agter die rug.
Ons was egter hierdie jaar ’n bietjie teleurgesteld dat daar nie soos vorige jare ’n karnaval was nie. Dis gewoonlik waarna die kinders ook die meeste uitsien. Ek meen daar is niks vooraf genoem dat daar nie ’n karnaval gaan wees nie.




