Die Laerskool Paulus Joubert het in die onlangse skoolvakansie sy jaarlikse toer vir die gr. 6- en gr. 7-leerders na George onderneem. Die leerders het hope pret en opvoedkundige aktiwiteite beleef en plekke soos George, Knysna, Oudtshoorn, die Kango Grotte, ’n volstruisplaas en ’n transportmuseum besoek. Hulle het ook ’n lekker bootrit geniet. Op die foto pronk die leerders in hul toeruitrusting. Die skool vier vanjaar sy 65ste verjaarsdag.
Leerders op toer
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.