Leerders word uitgenooi om aan die Hugenote Gedenkskool se Skerp Skryf-kompetisie deel te neem.Foto:

Credit: SYSTEM

Die Hugenote-gedenkskool, in samewerking met Paarl Post (afstammeling van die eerste Afrikaanse koerant in die land, Die Patriot), bied ’n skryfkompetisie aan vir gr. 9- tot gr. 11- leerders – “Skerp Skryf”.

Alle leerders wat lief is vir hul taal en skryf, word genooi om ’n rubriek te skryf met die onderwerp, Afrikaans, my Taal. Hulle kan hul verbeelding laat gaan met die skryf van ’n rubriek hieroor – dit kan ernstig of ligsinnig wees, maar moet uitbeeld hoe hulle voel oor hul taal en die voortbestaan daarvan.

Leerders kan in drie afdelings inskryf. Gr. 9- en gr. 10-leerders se opstel moet 300 woorde beslaan en gr. 11’s s’n 350 woorde.

Die sluitingsdatum van die kompetisie is Donderdag 12 Oktober en rubrieke kan gestuur word na schools@paarlpost.co.za.

Die wenners sal op 21 Oktober aangekondig word na afloop van die Skerpskryfwerksessie en die wenners van die onderskeie afdelings sal elk heerlike leespryse wen. Hul rubrieke en foto’s sal ook in Paarl Post publiseer word.

Skryf nou hiervoor in en speel in jou taal.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article