Twee atlete van Newton Primêr het onlangs aan twee atletiekkampioenskapsbyeenkomste deelgeneem en goed gevaar. Francois Gouws (o.11) het onlangs aan die SA laerskole-atletiekkampioenskap deelgeneem. Hy was vierde in die 80 m- en 100 m-items en in die aflosspan waarvan hy deel was, het hulle goud losgehardloop. Danelia Miller (o.10) het aan die Boland-atletiekkampioenskap deelgeneem en sewende in die 70 m-hekkies geëindig. Van links is Jacques Clarke (skoolhoof), Francois Gouws, Anne-Marie April (sportkoördineerder) en Danelia Miller.
Credit: SYSTEM
Leerders blitsig op die atletiekbaan
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.