“Indien daar één spesifieke versoek is wat ek sou geuiter het toe ek nog jonk was, sou dit gewees het: ‘Help ons om ’n geldvaardige jeug op te lei, Suid-Afrika.’
“Die konsep van geld is ’n fundamentele vaardigheid wat enige volwassene, ouer, voog, familielid of onderwyser ons jongmense kan help aanleer. Dit bied nie net ’n oorwinnende situasie vir die jeug en hul toekomstige finansiële besluitneming nie, maar is ook ’n oorwinning vir Suid-Afrika se ekonomie en welvaart,” se Carla Oberholzer, skuldadviseur by DebtSafe.
Oberholzer moedig volwassenes aan om ’n geslag geldvaardige jongmense te help bewerkstellig, en die sleutel is om hulle al van kleins af te betrek. Deur hulle van vroeg af op te lei en te leer, kan volwassenes die jeug help om die nodige kennis, praktiese vaardighede en selfvertroue te bekom om in die toekoms ingeligte finansiële besluite te neem. Dit is nou die perfekte tyd om met die bemagtigingsproses te begin – grootmense moet met kinders oor geld begin praat, die geldkonsep tasbaar maak en die jeug help om finansieel geletterd te raak.
Ouers word aangemoedig om kinders reeds as kleuters op kreatiewe wyse geldvaardighede te leer. Kleuters kan byvoorbeeld die name van munte (sente) en note (rande) begin onderskei.
Kleuters kan die basiese beginsels van “sake doen” begin verstaan deur geld/speelgeld vir goedere te verruil. “Inkopies by die huis” speel is pret en leersaam.
Ouers word aangemoedig om drie- tot vyfjariges toe te laat om aan geldvaardige, opvoedkundige aktiwiteite deel te neem:. Verbeelding verwante speel-inisiatiewe soos “restaurant-restaurant” of “kruidenierswinkel” kan vaardighede insluit soos om goeie maniere aan te leer en kleingeld as kassier te bereken.. Om take vir sakgeld te verrig, bied opvoedkundige geleenthede. En moenie van die tasbare “voel”-konsep vergeet wat ’n spaarvarkie ’n kind sal kan leer nie.
Deur die bogenoemde voorbeelde in te sluit, kan voorskoolse kinders die geldkonsep begin begryp en ’n basiese begrip verkry dat ’n mens “rekeninge” het wat betaal moet word.
Graad-skoolleerders
Ouers/voogde kan verskeie dinge doen om ses- tot 12-jariges se geldbewustheid en -vaardighede te help verskerp, byvoorbeeld: . Open ’n bankrekening spesifiek vir kinders: Verskeie Suid-Afrikaanse banke bied hierdie rekeninge teen ’n gratis diensfooi asook spesiaal-ontwerpte belonings wat op kinders van toepassing is.. Vergelykingskonsepte tydens inkopies: Kinders kan opvoedkundige inkopie-uitstappies hou om winskopies raak te sien (vergelyk generiese produkte teenoor die handelsnaamprodukte se pryse, byvoorbeeld).
Tieners
Die waarde van ’n begroting en die gawe van “gee” …
Glo dit of nie, ouers kan 12- tot 18-jariges wel ’n paar finansiële lesse laat leer om hulle te help om geldvaardige rentmeesters te word. Hier is ’n paar idees:. Tieners se sakgeld is geneig om vinnig op te raak tussen middagetegeld, skoolbenodigdhede en ander vereistes. Ouers word aangemoedig om hul kinders te help om ’n begroting op te stel juis sodat hulle kan onderskei tussen dit wat hulle “wil hê” en dit wat hulle “moet hê” (werklike behoeftes).. Verskeie bank-/foontoepassings is vir kinders beskikbaar indien ouers dit by hul aktiwiteite en leerbesprekings wil insluit. Verskeie programme is ook beskikbaar, soos byvoorbeeld MoneyTime’ of StarSaver, wat hulle kan help om toe te sien dat tieners verskeie finansiële vaardighede leer. . Niks is beter as om die konsep van geld te help verduidelik wanneer dit by liefdadigheid kom nie (kinders kan organisasies kies waartoe hulle graag wil bydra).
“ ‘Maatskaplike verantwoordelikheid’-inisiatiewe bied leerbare oomblikke en dit is ’n langtermyn-geldgedragbelegging vir enige tiener,” beklemtoon Oberholzer.
Jong volwassenes
Help hulle om op geldvaardige wyse voort te gaan: . Om te begroot is ’n moet. Hulle kan verskeie toepassings en produkte gebruik wat by hul unieke persoonlikheid pas. . Hulle moet kan onderskei tussen werklike behoeftes en begeertes/dit wat hulle graag wil hê.. Hoekom onnodig druk plaas? Jong, werkende volwassenes kan met min en klein begin wanneer hulle krediet of skuld wil aangaan – dit is nie nodig om ’n luukse huis en ’n motor alles op een slag te koop nie. . Finansiële-, noodbeplanning- en mediese- of gesondheidsbeleggings is uiters noodsaaklik – professionele mense of instansies kan help met verskeie produkte (soos byvoorbeeld ’n soort noodfonds of aftreeplan).. Jong individue moet gereeld hul skuld dophou en ’n uitgewerkte plan beskikbaar hê om seker te maak dat korttermyn- of langtermyndoelwitte en besparings by hul begroting ingesluit word.
Geld vervul ’n belangrike rol in elke individu se lewe, en daarom verdien dit dus ook ’n aansienlike hoeveelheid aandag van ’n jong of jeugdige ouderdom af. Om te leer hoe om te spaar, te begroot en aanspreeklikheid vir hul skuld te neem, is ’n meesterskap wat die jeug vroeg in hul lewe moet omarm en aanleer.
Geldkennis en -vaardighede sal jongmense in staat stel om die gawe van finansiële vryheid te kan ervaar. . DebtSafe is ’n gereguleerde skuldberadingsmaatskappy. Kontak DebtSafe by info@debtsafe.co.za of SMS jou naam en van na 30898 (gratis SMS).





