As nuwe mamma wil jy graag jou kleintjie blootstel aan verskillende sensoriese aktiwiteite, maar klein kinders is geneig om byna alles wat hulle in die hande kry, in die mond te steek.
Met hierdie oulike wenk kan jou kleintjie nie net sy of haar eerste kunswerk verf nie, maar ook aan verskillende sensoriese vaardighede blootgestel word – hulle kan hul vingers enige tyd aflek.
Koop ongegeurde joghurt en verdeel dit tussen ’n paar houers waarin die kind sy of haar hande kan druk. Voeg dan verskillende kleure voedselkleursel by.
Só kan jou kleintjie op ’n veilige manier “verf”, sonder dat jy konstant moet keer dat hulle die verf in die mond gaan druk.




