Die Hoër Meisieskool La Rochelle se atlete het onlangs aan die Twizza-atletiek­byeenkoms asook aan die Spar se Kwagga-toptien-atletiekbyeenkoms deelgeneem. By die Kwagga-toptien het die A-span se atlete onder die toptien geëindig en algeheel 8 497 ASA-punte gelewer. Die B-span se atlete het derde geëindig en 8 002 ASA-punte behaal. Larries wen 12 goue, 11 silwer- en vier bronsmedaljes. Agter is Cassandra Malgas, Nikki Schonken, Amor Nell, Hana Sullivan en Adrienne Gallop. Voor is Caroline Noyce, Milan Horn, Tonet Tallie, Janke Oosthuyzen en Elke van der Westhuizen.


Larries presteer by dié toptien-atletiekbyeenkoms

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article